Dis ek, Anna.

dis-ek-anna-880x320

Sy het haarself Stom Anna genoem. Omdat sy aan niemand kon vertel van dit wat tussen haar en haar stiefpa plaasgevind het nie. Nie aan haar ma nie, nie aan haar beste vriendin nie, en selfs nie aan haar eie pa nie.

Ek het gedink ek het geweet wat om te verwag – veral nadat ek die boek gelees het – maar niks kon my voorberei vir dit wat my hart waargeneem het nie. Ek was geskok. Ek was hartseer. En soms kon ek nie eers na die skerm kyk nie. Maar tog het my hart gebreek vir dit wat ek gesien het, ‘n doel waaroor die vervaardigers van die film redelik duidelik was van die begin af.

Opsomming:

Die fliek handel oor die seksuele mishandeling wat Anna Bruwer aangedoen is deur haar stiefpa, Danie du Toit. Dit fokus op haar kinderjare waar sy as aanvanklik “stil” beskou was, en met niemand oor hierdie gebeurtenisse kon gesels nie. Die fliek fokus ook op die hofsaak, nadat Anna haar stiefpa doodgeskiet het, wat haar forseer om haar verlede oop te vlek en te bespreek. Al hierdie elemente dra by tot ‘n spannende drama, wat gemengde reaksie uit fliekgangers lok.

Wat het ek gedink?

Ek het geweet dat ek blootgestel gaan word aan sensitiewe kwessies, wat die potensiaal sal hê om te skok, maar niks het my voorberei vir die realiteit daarvan op die skerm nie. Soos vroeër genoem, was ek geskok en ontsteld. Die sensitiewe kwessies was soms “taktvol” uitgebeeld en soms, volgens my, in te veel detail.

Dit is belangrik om die doelwit van die vervaardigers ingedagte te hou, wanneer ‘n mens ‘n film soos diè ontleed. Eerstens, wou hulle die kwessie van seksuele mishandeling, ens. in die lig bring en ‘n platform gee waarom gesprek kan plaasvind. Daar is ook genoem dat hulle mense, wat soortgelyke mishandeling deurgemaak het, wil aanmoedig om te praat daaroor en hul “stem” te laat hoor. Hiermee stem ek saam. Ek stem wel nie saam met die feit, dat een van die hoof teikenmarkte van die film, diè van hoërskool leerders is nie. Alhoewel, die film slaag daarin om te skok, en gesprek om die sensitiewe kwessies aan te moedig, dink ek hul het die lyn oorskry. Die uitbeelding van sommige van hierdie kwessies kan ‘n negatiewe effek op ‘n persoon, veral op kinders hê. Dit was ooglopend om te sien hoe volwassenes gesukkel het om die fliek na die tyd te verwerk, en dus sal dit nog baie moeiliker wees vir tieners om die uitbeelding van hierdie kwessies op ‘n gesonde manier te verwerk. Dit moet ingedagte gehou word dat die oorspronklike ouderdomsbeperking 18 was, en later na 16 toe verander was, sodat die film in skoolverband gebruik kan word.

Alhoewel ek my besware het, is Dis ek, Anna, definitief een van die beste produkte wat Suid-Afrika nog ooit opgelewer het. Die storievertelling, kamerategnieke, musiek, ens. is van ‘n wêreldklas gehalte en stel die Suid Afrikaanse filmbedryf in ‘n baie goeie lig.

Jy mag dalk wonder, “Beveel jy die fliek aan of nie? Want dit klink asof jy teenstrydige opinies het.”. Om eerlik te wees, was my hart in twee geskeer (no pun intended), na die fliek. Ek was verbaas deur die kwaliteit van die fliek, maar hartseer oor diè baie jong harte wat hierdie “uitbeelding” sal moet probeer verwerk in ons publieke skoolsisteem.  So ek beveel dit aan, maar ook nie. Dit is een van daardie flieks, wat van die individue gaan afhang wat dit kyk. Ek sal wel hierdie nie vir tieners aanbeveel nie, want dit kan meer skade as goed doen.

Ek gee dus vir Dis ek, Anna, 4 uit 5 dwergies vir al die tegniese elemente, maar ek gee 2 uit 5 as dit by die uitbeelding van morele kwessies kom.

-Schalk van der Westhuizen

Inside Out

io_Sadness_facebook_header

“The best and most beautiful things in the world cannot be seen or even touched. They must be felt with the heart” ― Helen Keller

Het jy al ooit gewonder hoekom jy voel soos jy voel? Waarom jy sekere emosies beleef en selfs aan die sogenaamde “mood swings” uitting gee? Inside Out, is Disney en Pixar se verduideliking van dit wat in ons aangaan wanneer sekere emosies in sekere stadiums in jou lewe voorkom. Alhoewel dit nie ‘n akkurate prentjie is van wat regtig biologies met ‘n mens gebeur nie, is die vertelling daarvan een wat regtig krag dra.

Wat het ek gedink?

Eerstens, is dit belangrik om te verstaan dat ek soms oorval voel, soos ‘n kargebruiker by ‘n Suid Afrikaanse traffic light, as dit kom by animasie flieks. Die konsep bly dieselfde en alhoewel dit in die vroeër jare ‘n kragtige vorm van storie vertelling was, het dit vir my begin voel dat die manier van vertelling sy krag verloor het (darem is dit nie die enigste ding wat sy krag verloor in ons land nie).

Dit is met hierdie verwagting dat ek sleepend na die teater toegegaan het, en ek moet erken ek was aangenaam verras, soos ‘n baba wat sewe maande na die troue sy verskyning kom maak. Die belangrikste rede hiervoor was die “nostalgiese” emosies wat die emosionele fliek in my emosies weer opgebring het. Die storie het dit reg gekry om die emosies van “groot word” vas te vang en ‘n mens kan nie help om ‘n knop in jou keel te kry nie (veral as die fliek teater nogsteeds van ‘n “aircon” gebruik maak in die winter). Dit het my terug gevat op ‘n reis na my eie grootword jare.

Disney en Pixar het dit reggerky om emosies relevant tot alle ouderdomme te maak. Die kreatiewe storielyn sal definitief nog generasie voortleef, en ek het ‘n gevoel dat dit as ‘n klassieke Disney en Pixar fliek geklassifiseer gaan word vir die dekades wat nog voorlê. Dit storielyn kry dit reg om elke kyker deel te maak en om vir elke generasie humor te verskaf (amper soos “parliament”). Die kreatiewe verduideliking van hoe ons persoonlikhede saamgestel word, en hoe die brein werk om verskillende boodskappe aan die spesifieke persoon te stuur, ens. is eenvoudig en kreatief genoeg dat elke persoon uit die teater gaan stap met die idée, dat jy jouself beter leer ken het.

Ek is definitief nie ‘n groot aanhanger van die sogenaamde “sequels” nie, maar toe die eind krediete van die fliek tot voorskyning kom, besef ek dat daar tog diep binne in my hart ‘n uitroep is vir nog een. Ek het maar toe iets gaan eet, want ek was redelik honger en het besef dit kon dalk net my maag wees, maar ek kon nie die gevoel weg kry nie.

Ek sal kinders, volwassenes, ou mense, studente, honde, bergies, prinsesse, Jan de Wet en selfs Malema, aanbeveel om hierdie te gaan kyk. Bederf jou hart en oë met ‘n fliek met sterk familie gebasseerde waardes, en wees reg vir ‘n emosionele reis na jou eie verlede.

Ek gee dus Inside Out, vier uit vyf dwergies.

– Schalk van der Westhuizen

Into the Woods

download

Alhoewel Into The Woods oor ernstige sosiale kwessies gaan soos selfmoord en selfs verkragtig het ek die fliek probeer kyk uit ‘n ligter oog. Die oorspronklike verhoog produksie van Into The Woods is baie meer donker en intens. Die fliek aan die ander hand, het vir my, gevoel asof dit ‘n baie ligter benadering geneem het.

Voor alle thespians (gebruik ‘n woordeboek as jy nie verstaan nie) in die wêreld my haat, hou in gedagte dat hierdie ‘n fliek resensie is, en nie ‘n “What’s on Broadway”-critical analysis  of ‘n “That should get a Tony” nie (gebruik google as jy nie verstaan nie). Asseblief, chill net, want daar is ‘n verskil en soos boeke verskil van flieks so sal verhoog produksies ook verskil (gaan sien ‘n dokter as jy nie die paragraaf verstaan nie).

Sien, ek het In Na Die Oewoud (ja, dit is die Afrikaanse titel) geniet, want dit spot met die belaglike onrealisties sprokies verhale waarin ons almal wil wees (jy weet jy wil ). Die fliek het vir my, in ‘n onbewustelik manier terug aarde toegebring – dié kom ek toe agter wat die dieper betekenis van die fliek, vir my, eintlik is.

As ek sê die fliek spot met sprokiesverhale en die karakters in Into The Woods – praat ek van Cinderella wat nie haar mind kan op maak oor haar prins nie. Sy voel meer vir my soos ‘n alledaagse mens wat probeer mind games speel. Of is dit hoe verhoudings eintlik altyd werk?

Dan het ons die twee prinse wat die skreeu snaakse ‘Agony‘ sing, ja ons almal het probleme maar te danke aan Sondheim (die skrywer van die musiekblyspel) kan ons vir hulle openlik lag oor hulle probleme ( amper soos The Jerry Springer Show ) en nie eers skuldig voel daaroor nie.

Dan het ons die stoute-stoute Rooikappie. Ek het opgelet in die fliek sê sy duisende kere (ja, ek oorreaggeer ‘n bietjie ) dat sy gaan nie van haar pad afdwaal nie en sy klou vas aan die rympie, “Mother said, Straight ahead. Not to delay or be misled” Maar net soos elke trotse inwoner van Suid-Afrika het sy liewerste “‘n Blackberry by die Charra shops gan koep en het lekke haar les geleer”… Sien! Hierdie klein goedtjies wat só die realiteit van die mens uitbeeld.

Wat ek geleer het by die volgende karakters:

Cinderella:
Niemand weet eintlik wat hulle wil hê nie en dit is “okay”. Maar dit is hoekom ‘n doel in die lewe en ook identiteit vir jou rigting sal gee. Die vraag is waar gaan soek ons dit?

Rooikappie:
As jy jou doel kry moenie dan van dit afdwaal nie anders gaan jy jouself in die proses verloor. Die vraag is wat trek jou aandag af?

Die Prinse:
Leer om vir jouself te lag. Glo my, dit is makliker om hierdie te leer, veral as jy nog jonk is. Lag. Wanneer jy val voor mense. Lag. Wanneer jy sukkel om ‘n sekere vaardigheid, soos “surfing” aan te leer en jy kry dit nie reg nie. Lag. As die liefde van jou lewe jou los met die lyntjie, “Dis nie jy nie dis ek.” Lag. As jy jou Eskom rekening kry. Lag. As Bafana Bafana wen. Lag (nie seker of dit ‘n goeie of slegte ding is nie). Leer om te lag.

En die belangrikste van die fliek (Uitroepteken) (Uitroepteken) (Uitroepteken). “No one is alone”.

Omdat die fliek my lagboksie gekielie het; my intellektuele sielkundige brein laat werk het en  my laat besef het hoe meer spontaan, snaaks en realisites ‘n realistiese wêreld kan wees – Gee ek dit ‘n 4 uit 5 dwergies.

Dankie aan die kreatiewe span (al ken julle my nie) wat meer as twee dekades gewerk het om Sondheim se juweel, Into The Woods, in ‘n fliek te omskep. Dit word baie waardeer.

-Hizel Riffel

Hier is die waentjie (trailer) vir Into the Woods.

Pitch Perfect 2

pitch perfect 2

Summary:

The Barden Bellas. The Treblemakers- Oh, the sound of perfect harmony! This is the experience one has when watching Pitch Perfect 2. The beautiful pitches of soprano’s, alto’s and tenors create pleasant melodic tunes, and even evoke the desire to sing for those in the audience who are not necessarily musically inclined. With “Fat Amy’s” sarcastic, yet quirky humor, you will remain glued to the screen.

The storyline picks up on the Barden Bellas who enter an international a cappella competition that no American team has ever won. This, after they were banned from their university after an incident where Fat Amy tore her pants while trying to do a trapeze act during a performance.

This incident gets them suspended from university, which causes them to make a deal. That if they win the international a cappella competition they would win their title back as the Barden Bellas of their university, During all this commotion, a freshman joins the Bellas and adds a lot of momentum and a different angle of creativity to their singing.

My thoughts:

This movie inspired me to be more innovative in terms of my singing and songwriting. Yes, now you know what my passions are, apart from drinking coffee and spraying the ocean wet with a hosepipe. It caused me to not just think out of the box, but to throw the box away, like a government official spending money in our country.

I would recommend this movie to anyone who is up for a good laugh or even a cry. Yes, because some people actually shed tears when they happen to laugh. Fat Amy is by far my favorite character, merely for the fact that she does not give a fig as to what people think about her. She is real. And her beautiful English accent just makes me want to listen to her speak, let alone sing.

So, if you are looking for a reason to awaken creativity then watch Pitch Perfect 2, but first watch Pitch Perfect 1, otherwise you have a gap in your upbringing and not just in between your teeth.

I would definitely give this movie 4 out of 5 “dwergies.”

-Hayley Barends-

USA MCFarland

Hierdie is nie jou TIPIESE tradisionele resensie nie. Ons gaan poog om eerlike opinies weer te gee van flieks, wat gewone mense soos ek en jy sal verstaan. Ek het die afgelope tyd talle resensies gelees waar die opinie van die skrywer meer gebaseer is op sy eie voorkeure as dié van die leser. Die manier hoe ek ‘n resensie lees het baie verander. Indien die skrywer ‘n swak mening oor ‘n fliek uitspreek, dan weet ek dit is ‘n aanduiding dat dit ‘n goeie fliek is! Ek het ook meer en meer besef dat mense bang is om sekere flieks te kyk, aangesien “ouderdomsbeperkings” nie meer ‘n goeie aanduider is of flieks geskik is nie. Ek hoor gereeld van mense wat veral komedies gaan kyk met ‘n ouderdomsbeperking van “13”, en dan in die middel van  die fliek hul sitplekke verlaat om hul tyd eerder op ‘n meer sinvolle manier te spandeer. Ons doel is dus om ‘n gewone eerlike opinie, wat familie georiënteerd is, te gee. Jy kan dus ‘n verskeidenheid resensies oor verskillende genres, in verskillende tale en baie humor verwag!

___________________________________________________________________________

“The length of a film should be directly related to the endurance of the human bladder.”
Alfred Hitchcock

USA McFarland

Opsomming:

Dit handel oor ‘n afrigter en onderwyser wat as gevolg van sekere insidente in sy beroep in een van die armste dorpies in Amerika, McFarland, Kalifornië, beland. Dit is op hierdie dorp waar hy potensiaal raaksien in van die seuns in die skool en hulle deur sy afrigting in ‘n kampioen landloopspan verander. Dit is ook in hierdie dorpie waar sy familie hulself tuis maak en geluk vind.

Wat ons dink:

As ek ‘n dwergie was, sou ek aan asma ly na hierdie fliek. Eerstens, omdat ek klein longe sal hê, en tweedens, omdat die hardlooptonele vol spanning en oefening is. Dit is opmerklik dat die fliek nie die “normale Hollywood”  – patroon volg nie. Daar is geen sprake van kru – taal of onwelvoeglike tonele nie, en dit is duidelik dat die storielyn sterk staan en nie staatmaak op die tradisionele resep nie.

Kevin Costner lewer uitstekende toneelspel en die “onbekende” akteurs wat die rolle van die atlete vertolk se spel beïndruk.Die fliek kom uiters realisties voor en dit voel asof ‘n mens spookasem van die begin tot die einde eet.  Spookasem is lekker, en ook uiters realisties (as dit sin maak).

Die fliek het my geïnspireer om te begin skree as ek loop (dis ‘n ander weergawe van HARDloop). Dit het my ook definitief bewus gemaak van die belangrikheid van  ‘n gemeenskap. Dit is opvallend dat die verhaal nie die tipiese Amerikaanse droom ondersteun nie. LET WEL ek verwys na die Amerikaanse droom en nie Suid-Afrikaanse droom nie. Die Suid Afrikaanse droom kan basies beskryf word as enige plek waar petrol goedkoop is, daar  volhoubare elektistiteit is en swembaddens vir swem gebruik word, wat in enige ander land is, maar hierdie is van die punt af.

Die fliek bevraagteken die onrealistiese drome wat die wêreld in ons harte skep. Dit bevraagteken ons siening oor hoe ons ‘n gesonde gemeenskap sal definieer (waarvan ons nommer een kriteria gewoonlik veiligheid is). Dit bevraagteken hoe ons ander kulture sien en selfs dit waaraan ons waarde  heg. Die boodskap is dus uiters relevant vir alle generasies, en daarom vind dit regoor die wêreld by baie verskillende gehore aanklank.

Ek beveel hierdie fliek aan, nie net vir sportliefhebbers nie, maar enige iemand wat ‘n sinvolle drie ure in hul lewe aan media wil opoffer. Jy sal nie spyt wees nie (tensy jy siek is).  Ons gee dit dus vier uit vyf dwergies (daar is glo iets soos kopiereg op sterre en dus gaan ons van dwergies gebruik maak).

Hier is ‘n “link” na die waentjie (trailer – lokprent) van die fliek:

https://ww.youtube.com/watch?v=74eJaVQFybI